SKOOLGELD

Skoolfonds




• Alle skoolgeld (wat jaarliks deur die skool vasgestel word), is maandeliks vooruitbetaalbaar.
• Skoolgelde moet asb. voor of op die 7de dag van elke maand betaal word.
• Debietorders word, waar moontlik, op die 7de van elke maand verhaal of op die eerste werksdag wat daarop volg.
• Indien die skoolgeld vir 3 maande uitstaande is sonder dat enige reelings getref is, sal u nie meer van ons dienste gebruik kan maak nie
• Die skoolgeld bly ten volle betaalbaar, selfs al sou die kind om enige rede nie die skool kon bywoon nie,tensy skriftelik kennis
gegee word dat skoolbywoning gestaak word.

Wyse van betaling

Internet/elektroniese en kontant betalings is aanvaarbare metodes van betaling. Indien u elektroniese betalings maak, gebruik asb. u rekening kode en kind/ers se naam en van as verwysing sodat betalings makliker geallokeer kan word.
Dit bly elke ouer/voog se verantwoordelikheid om ‘n kwitansie as bewys van kontantbetaling van die kantoor te kry.

Fooie vir 2026

Bank besonderhede:

J.J Jansen
Absa-Brooklyn
Tjekrek nr: 0712252154
Takkode: 631-245

Eenmalige Registrasie fooi (by inskrywing)

R200

Voldag: (6:45 – 17:30)

11 maande:

 R 4000 x 11maande

Halfdag: (6:45 – 13:30)

11 maande:

R 3500 x 11 maande

Dagfooi

R180

Spesiale fooi vir 2 of 3 keer per week

Sal gekommunikeer word.

R100 afslag vir meer as een kind.

LW: Indien julle later as 1 Maart 2026 by ons inskryf moet Desember se
fooi wel betaal word aangesien ons tot 15 Desember funksioneer.

Registrasiefooi

‘n Eenmalige registrasiefooi is betaalbaar vir nuwe inskrywings by die ondertekening van hierdie ooreenkoms en is nie terugbetaalbaar aan die ouer nie. Geen herregistrasie fooi is betaalbaar vir leerders wat reeds die skool bywoon nie.

Verhoging van fooie

Die verhoging van skoolfonds geskied jaarliks op 1 Januarie. Verhogings word gedurende Oktober vasgestel en dan aan alle ouers gekommunikeer

Staking van bywoning

Kennisgewing moet skriftelik en vooruit gegee word wanneer u kind(ers) die skool verlaat. Die fooi vir die kennismaand is tenvolle betaalbaar al sou die kind(ers) weens watter rede ook al nie Monnies Voorskool tydens die maand bywoon nie.

Nie-bywoning

Geen korting word gegee tydens kind(ers) se afwesigheid weens siekte, vakansie of indien die skool sluit tydens die Desembervakansie nie. Ouers is aanspreeklik vir die volle fooi (asof die kind(ers) die skool bywoon) vir enige tydperk wat hulle by Monnies Voorskool afwesig was.
Die laaste datum waarop kennis van staking van bywoning kan geskied, is op 1 Oktober vir die einde van Oktober. Geen kennisgewings sal gedurende November en Desember aanvaar word nie.