ALGEMENE INLIGTING

Wat is die doel met voorskoolse onderrig by Monnies?





Die belangrikste vormingsjare van ’n kind vind in die kleuterjare plaas. Kinders leer deur speel en konkrete ervaring van die wêreld rondom hulle.
Die doel van hierdie skool is om elke kind in ‘n gelukkige en informele atmosfeer te laat ontwikkel en gereed te maak vir die volgende onderrigfase, naamlik die Grondslagfase en Gr R. Ons strewe om die uniekheid van elke kind raak te sien, te koester en elkeen in liefde te onderrig en op te voed.

Hoe funksioneer die voorskoolse groep?

Ons gebruik die Suid Afrikaanse Nasionale Kurrikulumraamwerk as riglyn vir die opstel van ons leerplan. Met hierdie leerplan en al die aktiwiteite wat daarmee gepaard gaan sal u kind in staat wees op ’n kontiniue wyse te kan inskakel by Gr R as eerste skooljaar van primêre onderwys. Al die onderwysseresse is opgelei met ‘n onderwyskwalifikasie en is ook goed onderlê (Kurrikulumraamwerk ELDA )

Ons gebruik die Suid Afrikaanse Nasionale Kurrikulumraamwerk as riglyn vir die opstel van ons leerplan. Met hierdie leerplan en al die aktiwiteite wat daarmee gepaard gaan sal u kind in staat wees op ’n kontiniue wyse te kan inskakel by Gr R as eerste skooljaar van primêre onderwys. Al die onderwysseresse is opgelei met ‘n onderwyskwalifikasie en is ook goed onderlê (Kurrikulumraamwerk ELDA )

 

Wyse van onderrig

Ons is deurlopend besig om ons kurrikulum aan te pas met nuwe navorsing en veranderinge in die opvoedkundige omgewing. Ons skep ‘n leeromgewing waar kinders die geleentheid kry om hulle probleemoplossingsvaardighede te ontwikkel en waar kreatiewe denke gestimuleer word. Deur ons dagprogram word ‘n liefde kweek vir leer. Voorskoolse leer vind die beste plaas deur spel. Daarom is ons kurrikulum so ontwikkel dat ons kinders ook deur gerigte spel en vryspel, optimaal kan ontwikkel.

Werksaamheid

Kleiner klasse stel ons in staat om meer individuele aandag te gee aan elke kleuter. Ons kweek ‘n klimaat vir gelukkige en selfstandige funksionering.

Verryking van ons program in 2026

Jou kind sal aan die volgende uitsonderlike ervarings en voordele by Monnies Voorskool blootgestel word:

  • ’n Warm, vriendelike atmosfeer, ruim klaskamers en onderwysers wat elke kind persoonlik leer ken en hul unieke behoeftes en persoonlikheid in ag neem. Vir klein Monnies is skool LEKKER!
  • Groot speelterrein met baie geleenthede om hul sintuie te gebruik, te beweeg en vuil te word.
  • ’n Musiekprogram wat die gedeeltes van die brein stimuleer wat verantwoordelik is vir lees, wiskunde en emosionele ontwikkeling.
  • ʼn Bewegingsprogram, EdUMove – ’n opwindende neuro-sensories-motoriese program. Die kurrikulum, geskryf deur ervare Kinderkinetici en word daagliks deur die onderwysers aangebied.
  • Gebalanseerde maaltye word elke dag voorsien.

Al die bogenoemde is by die skoolgeld ingesluit.

Benodighede 2026 (Alles duidelik gemerk)

• 1 stel van 12 uitdraaikryte
• 1 pak jumbo kokipenne (slegs 4-5 jaargroep)

• 1 goeie kwaliteit skêr
• 2 botteltjies Ponal gom (100ml)
• 2 buisies Pritt
• 1 x 4 kleure speelklei
• 2 bokse sneesdoekies (GROOT)
• 4 pakke Wetwipes
• 12 Rolle toiletpapier
• 1 x pak gekleurde of wit A4 karton (10)
• 1 x pak A4 papier (office paper) 
• NB!! 1x Kombersie en kussinkie en paslaken (60cm BREED / 115cm LANK) vir kleutermatrassie vir kleuters en peuters wat slaap. 

Voorgestelde dagprogram vir peuters en kleuters 18 maande tot 5 jaar 2026


07:00 – 08:30 Aankoms : Vryspel binne en buite
08:30 – 08:40 Opruim, handewas en toiletroetine
08:40 – 09:00 Môre sê, godsdiens, gewyde sang en die weer.
09:00 – 09:45 Gerigte aktiwiteit 1:
Temabespreking: Kreatiwiteit- en vaardigheidsperiode
(Belangstellingstafel, wetenskap, musiek, kuns, taal -en wiskundige aktiwiteite, bak en brou op sommige Vrydae)
09:45 – 10:00 Opruim, handewas en toiletroetine
10:00 – 11:25 Vryspel buite
11:25 – 11:35 Opruim; handewas en toiletroetine
11:35 – 12:00 Gerigte aktiwiteit 2:
(Perseptuele ontwikkeling: (Bewegingspele, lewensvaardighede, storietyd)
12:00 – 12:30 Middagete vir voldag kinders
12:30 – 13:30 Vertrektyd vir halfdagkleuters
12:30- 14:00 Rustyd vir voldagkeuters


Die verskillende aktiwiteite word weekliks beplan, maar afwisselend in elke dagprogram verdeel. Gerigte aktiwiteite mag soms
omgeruil word afhangende van die leerinhoud vir die dag beplan.
Ons hou snoepie op ‘n gegewe dag kleuters kan dan self ‘n lekkertjie koop!